Talle plaasdiere digby Deneysville verkluim in winterkoue – LNN – Network News

Author Avatar

Newsonline

Joined: Aug 2026

Talle plaasdiere het volgens die Vereeniging en Vanderbijlpark DBV in Refengkgotso, Deneysville, gevrek nadat hulle die afgelope week aan uiters koue, nat en winderige weerstoestande blootgestel is, berig Vaalweekblad.

Die DBV sê inspekteurs is Dinsdagmiddag (12 Augustus) na die gebied gestuur nadat ’n klagte ontvang is. Volgens die organisasie het inspekteurs op ’n verwoestende toneel afgekom, met dooie diere wat oor die gebied versprei gelê het.

In sommige gevalle is die beskikbare skuilings deur sterk winde beskadig of vernietig, terwyl ander diere volgens die DBV geen toegang tot skuiling gehad het nie.

Die situasie het gister voortgeduur, met oorlewende diere wat aan die gure weer blootgestel was.

Die DBV se hele inspekteurspan, en die DBV se Nasionale Raad, is tans in die gebied om noodhulp te verleen. Die span het onder meer skadunet en ander materiaal saamgeneem om tydelike skuilings op te rig.

Die DBV doen ’n beroep op die publiek vir skadunet en geskikte materiaal vir tydelike skuilings, hooibale en groot bottels of houers vir drinkwater. Reënjasse, waterstewels en versnaperinge vir personeel wat in die veld werk, word ook benodig.

Die DBV waarsku intussen dat nie-noodoproepe moontlik vertraag kan word, aangesien sy hele inspekteurspan tans in Refengkgotso ontplooi is.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Leave your comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *